Maar sommige gebruikers in Duitsland dink dit sal wys wees om aan die veilige kant te bly, net ingeval daardie beleid verander.

Die Duitse rekenaartydskrif, Chip, berig dat dit boonop nie so maklik is om jou eie rekeningveiligheid te stel nie. Jy moet eers deur jou selfoon se verstellings (Settings) en dan deur jou rekeninge (Accounts) gaan om jou rekening se Datasekuriteitsafdeling (Data Security setting) te vind.

Gestel jy nie wil hê dat persone wat jou telefoonnommer in Whatsapp gestoor het, jou laaste interaksie met hulle, sowel as jou profielfoto of -status vasvang nie, moet jy seker maak dis moeilik om jou op te spoor.

Jy kan kies wie jou inligting kan sien deur tussen Almal, My Kontakpersone en Niemand te kies.

Jy kan ook ’n persoon blokkeer deur na die Blokkeer 'n Kontakpersoon-opsie in die kieslys van die Datasekuriteit te gaan om jou inligting privaat te hou en om te voorkom dat dit na 'n derde party gelek word.

Wees egter gewaarsku: As jy hierdie stap toepas, beteken dit dat jy nie langer enige boodskappe van daardie persoon/persone gaan kry nie.

- Sapa