Onthou jy die tyd toe WhatsApp hul boodskappe enkodeer het? Nou laat die kletsprogram se moedermaatskappy Facebook sy 900 miljoen gebruikers ook toe om dit te doen.

Facebook het pas ’n program, Secret Conversations, tot sy boodskap-app, Facebook Messenger, toegevoeg.

Die program werk glo baie soos WhatsApp s’n, aangesien dit die boodskappe enkodeer deur ’n enkodeerlaag by die boodskappe te voeg sodat niemand behalwe die afsender en die ontvanger die boodskappe kan lees nie – “nie eens Facebook of wetstoepassings- of intelligensieagentskappe nie,” skryf Andy Greenberg van Wired.

’n Beskrywing in die jongste weergawe van die Facebook Messenger-app lui: “Jou boodskappe is reeds veilig, maar Secret Conversations word van een toestel na ’n ander enkodeer.”

Lees ook: Oppas vir nuwe Facebook-slenter!

Klink goed, nè?

Hier is hoe jy kan seker maak jy het die Secret Messages-stelling geaktiveer:

1. Gaan die app-winkel van jou slimfoon na om te sien of daar ’n bywerking vir Facebook Messenger beskikbaar is. Laai dit af.

2. Sodra jy die jongste weergawe het, tik op ‘Me’ (die klein silhoeët van ’n mens regs onder op iOS of iPhone, en regs bo op Android-toestelle).

me2

3. Kies ‘Secret Conversations’.

secrets

4. ’n Mens sal ’n verduideliking, soos hieronder aangetoon, op iOS kry. Tik ‘Ok’.

IMG_0516-599x1024

5. Veeg om aan te skakel. By sommige apparate sal die stelling by verstek aktiveer.

turn-on

6. En siedaar! As jy in die toekoms 'n geheime gesprek wil voer, kan jy net 'Secret' regs bo klik wanneer jy 'n nuwe boodskap tik. Let wel: hierdie nuwe funksie sal slegs werk indien jou vriend(e) ook bogenoemde stappe gevolg het!

secret2

Volgens Facebook se lys van vrae wat dikwels gestel word, is Secret Conversations tans net op die Messenger-app op iOS en Android beskikbaar, dus gaan hulle nie op Facebook ‘chat’ of messenger.com op jou lessenaarrekenaar verskyn nie.

Dit is ook die moeite werd om daarop te let hoewel die nuwe enkripsietegnologie beteken dat net jy en wie ook al die boodskap moet ontvang, toegang het tot die boodskap, jy nog altyd versigtig moet wees wat jy in die sosiale media deel.

Soos die goeie siele op Facebook ons daarop wys “kan die mens aan wie jy die boodskap stuur, self besluit om die gesprek met ander mense te deel of nie”.

Het jy enige vrae wat ons moet beantwoord? Laat weet ons op ons Facebook-bladsy!