interface

iOS 7 is eindelik hier en jy het opgegradeer. Maar dit lyk ’n bietjie anders. Is jy ietwat verlore met Apple se nuwe voorkoms? Hier is ’n bondige gids tot die basiese beginsels van die nuwe bedryfstelsel.

Opgradeer

As jy nie heeltemal seker is hoe om iOS 7 op jou toestel te kry nie, het jy twee opsies. Jy kan jou toestel aan ’n rekenaar koppel en deur iTues opdateer. In iTune, klik op die knoppie regs wat sê iPhone, iPad of iPod. Kliek op Check for update en volg die aanwysings. Jy kan ook direk op jou toestel opdateer as jy aan Wi-Fi gekoppel is. Gaan na Settings, General, Software Update, en volg die aanwysings. Apple-gebruikers het gekla hulle ondervind met albei maniere probleme. As jy met die een sukkel, probeer gerus die ander. As jy steeds sukkel (hoewel dit minder sal gebeur namate Apple se bedieners minder besig raak), besoek www.apple.com/support.com. Vir ’n lys van dinge wat jy moet doen voor jy opdateer, lees hier.

Van die skerm wat anders lyk . . .  

Hoewel dit steeds aan die onderkant van jou skerm Slide to unlock sê, kan jy jou toestel oopsluit deur op enige plek daaroor te vee.

Maar voor jy dit oopsluit:

& Jy kan nog jou vinger aan die regterkant na bo vee om die kamera te bereik.

& Vee jou vinger na onder van die middel af om die nuwe kennisgewingsentrum af te bring (jy hoef nie eers oop te sluit nie). Hier kan jy ook die weer, kalender, herinneringe en ander kennisgewings sien. Die kennisgewingsentrum het ook nuwe tabelle bo-aan, Today, All, Missed. Dit laat jou toe om te kies watter kennisgewings jy wil sien. Jy hoef weer nie oop te sluit nie.

& Vee jou vinger van onder af boontoe om Apple se nuwe beheersentrum te bereik. Afhangende van jou toestel kan jy hier Air plane mode,  Wi-Fi, Bluetooth, Do Not Disturb, Orientation Lock on or off kry. Jy kan ook die skerpheid verstel, musiek aan- of afskakel, tussen liedjies kies, jou horlosie, flits, kamera, volume en die nuwe Airplay kry, waarmee jy jou toestel sonder ’n draad aan Apple TV kan koppel.

Van die tuisskerm . . .  

Daar is nuwe ikone op die tuisskerm. Hier is ons eenvoudige gids: (pic)

In ’n app …

By baie van die voorafgelaaide apps, soos die kalender en stellings, kan jy van links na regs op jou skerm te vee om terug te gaan na die vorige skerm. Jy kan byvoorbeeld op iPhone van jou Bluetooth-stellings na regs vee om terug te gaan na die hoofkeuselys.

Die ingeboude apps wat die meeste verander is, is Photos (met ’n nuwe organisasiestelsel), Reminders ( met nuwe kleurgekodeerde lyste wat met jou iCloud en Exchange gesinkroniseer kan word), en Calendar (waarmee jy ’n bietjie sal moet speel om daaraan gewoond te raak). Vir meer inligting oor hierdie apps en ander nuttige wenke en verduidelikings, kyk hierna:

-         Kirstin Buick