• Lewer 36 kolwyntjis
  • Bereiding: 25 minute
  • Gaarmaaktyd: 15 minute

Kolwyntjies

  • 250 ml (1 k) melk
  • 90 ml (6 e) kakao
  • 250 ml (1 k) olie
  • 8 eiers
  • 500 ml (2 k) strooisuiker
  • 10 ml (2 t) vanieljegeursel
  • 875 ml (3½ k) koekmeel
  • 20 ml (4 t) bakpoeier
  • knippie sout
  • 200 g (4 x 50 g-stafies) Rolosjokolade
  • 45 ml (3 e) room (opsioneel)

Versiersel

  • 250 ml (1 k) room, verkoel
  • 1 blik (360 g) karamelkondensmelk
  • ekstra Rolo-sjokolade

Maak so

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Vul die holtes van muffinpannetjies met papierbakkies.
  3. Kolwyntjies: Verhit die melk en roer die kakao by tot goed gemeng. Roer die olie by.
  4. Klits die eiers en strooisuiker tot lig en dik en klits die vanieljegeursel by.
  5. Sif die droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melkmengsel by die eiermengsel. Meng in.
  6. Skep die papierbakkies driekwart vol. Bak sowat 15 minute tot ferm in die middel.
  7. Sny ’n tonneltjie in die middel van elk. Behou die uitgesnyde stukkies koek.
  8. Smelt die sjokolade en room. Skep ’n bietjie in die holte. Plaas die koekstukkies terug.
  9. Versiersel: Klits die room styf en vou die karamelkondensmelk by.
  10. Smeer oor die kolwyntjies. Rond af met ekstra stukkies sjokolade indien verkies.
  11. Jy kan ook die Rolo-stukkies binne-in elke kolwyntjie druk voor jy dit bak.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.