1. Raam ’n foto

[caption id="attachment_2906" align="alignnone" width="300"]Gespeld van www.thehowtomommy.com   Gespeld van www.thehowtomommy.com[/caption]

Moenie sommer net ’n bestaande foto gebruik nie – neem ’n nuwe, oulike een. Gebruik prettige bykomstighede soos ’n swartbord met ’n spesiale boodskap vir pa, of maak soos dié persoon op Pinterest en skryf ’n boodskap op die kinders se voete. Kies ’n mooi raam, draai dit toe en daar het jy die perfekte geskenk.

2. Maak ’n verassingspakkie

[caption id="attachment_2900" align="alignnone" width="300"]Gespeld van www.littlefamilyfun.com Gespeld van www.littlefamilyfun.comGespeld van www.littlefamilyfun.com[/caption]

Gebruik ’n bruinpapiersak en vul dit met enige oulike geskenkies soos biltong, ’n knipmes of sjokolade en neute. Sny ’n das uit kleurpapier (of sny ’n das uit wit papier en kleur dit self in) en plak dit aan die bokant van die sak. Sny dan twee splete aan weerskante parallel met die bokant van die sak, ongeveer ’n sentimeter of twee van die borand af. Vou die twee stukke papier om die das en plak met kleefpapier vas sodat pa net die kleefpapier kan afhaal om die sakkie oop te maak.

3. Maak vir hom ’n speletjie-hemp

[caption id="attachment_2901" align="alignnone" width="300"]Gespeld van thewinthropchronicles.blogspot.com Gespeld van thewinthropchronicles.blogspot.com[/caption]

Dis lekker vir die kinders en vir pa, want hy kry sommer ’n gratis massering uit die speletjie! Op thewinthropchronicles.blogspot.com wys hulle jou hoe om ’n resiesbaan agterop ’n hemp te teken. Jy kan lekker kreatief wees en die bome, huise en allerhande stilhouplekke op die baan verf. Pa sal mal wees daaroor!

4.      Maak ’n onthou-hondjie

[caption id="attachment_2917" align="alignnone" width="300"]Gespeld van spoonful.com Gespeld van spoonful.com[/caption]

Dis perfek om telefoonboodskappe vas te knyp, of ’n liefdesnota of een van die kinders se prentjies op sy tafel te sit (of soos in die foto net sy pen vir hom vas te hou). Gebruik vier wasgoedpennetjies, ogies, lap en ’n pom-pom (alles beskikbaar by materiaalwinkels) en plak alles aanmekaar soos in die foto. Gebruik ’n sterk gom en laat die kinders die hondjie verf voor jy die neus, ore en oë vasplak. Jy hoef ook nie ’n hond te maak nie – wees kreatief!

5. Maak ’n “Pa is grrrreat”-seerowerkaartjie

[caption id="attachment_2904" align="alignnone" width="162"]Gespeld van www.sassydealz.com Gespeld van www.sassydealz.com[/caption]

Hier sinspeel ons so bietjie op seerowertaal – maar is die kaartjie nie net te oulik nie? Verf jou kind se hand, druk dit op die voorkant van ’n skoon kaartjie af, en laat hy self die seerower met ’n hoed en oogklap versier.

6. Maak ’n Pappa-bord

[caption id="attachment_2898" align="alignnone" width="284"]Gespeld van www.brassyapple.com Gespeld van www.brassyapple.com[/caption]

Jy het ’n glasbord, glasverf, kwaste en ’n oond nodig. Gebruik ’n stensil en verf pa se naam of net die woord pa op die bord. Bak die bord volgens die aanwysings (kyk op die glasverf-houers vir die instruksies oor die tyd en temperatuur).

7.Maak sjokoladelepels

[caption id="attachment_2902" align="alignnone" width="231"]Gespeld van www.thegunnysack.com Gespeld van www.thegunnysack.com[/caption]

Jy het dit nodig: smeltsjokolade (beskikbaar in die bakafdeling  van jou supermark), versiering vir bo-op en plastieklepels. Smelt die sjokolade volgens die aanwysings, doop die lepels daarin en wag tot die sjokolade hard geword het voor jy dit weer doop. Dit help om die lepels in die yskas te sit as jy die proses wil aanhelp. As jy dink die sjokolade is dik genoeg, doop die lepels ’n laaste keer in die gesmelte sjokolade en sit nou die versiering op. Laat dit afkoel en hard word, draai in plastiek toe en sit ’n strikkie om die lepel se nek. Gee dit vir pa in sy gunstelingkoffiebeker – hy kan dit in sy koffie doop of warm melk om warmsjokolade te maak.

8. Maak ’n Pa-skinkbord

[caption id="attachment_2905" align="alignnone" width="300"]Gespeld van www.modernparentsmessykids.com Gespeld van www.modernparentsmessykids.com[/caption]

Jy kan sy koffie daarin bedien, of hy kan dit gebruik vir al sy los goed: sy sleutels, beursie, horlosie en selfoon. Kies ’n oulike sê-ding soos op hierdie bord, of skryf iets persoonliks. Jy kan self die skinkbord uit karton maak en versterk met verf (soos hierdie blogger gemaak het), of jy kan ’n goedkoop melanien- of plastiekskinkbord gebruik en dit verf.

9. Maak jou eie domino’s

[caption id="attachment_2918" align="alignnone" width="300"]Gespeld van www.thatartistwoman.org Gespeld van www.thatartistwoman.org[/caption]

Ons hou van die klippe wat soos domino’s geverf is, maar jy kan ook karton gebruik, soos hierdie blogger gemaak het. Soek langwerpige klippe in die tuin of park en gebruik wit verf of Tipp-Ex om die merke op te verf. Hy sal nie ’n trein met hierdie domino’s kan maak nie, maar julle sal steeds kan speel! Sit dit in ’n mooi boks wat die kinders versier het.

10. ’n Tuin op sy tafel

[caption id="attachment_2903" align="alignnone" width="300"]Gespeld van www.makeandtakes.com Gespeld van www.makeandtakes.com[/caption]

As pa van plante hou, is ’n potplant net die ding. Vetplante het nie baie water nodig nie en lyk baie mooi in die huis. Daarby werk hulle lekker as jy ’n klein rotstuintjie wil maak. Kies ’n groot pot of bak, voer dit met klippies en gruis uit, sit ’n laag grond in en plant dan die vetplantjies van die kinders se keuse. Hulle kan dit ook mooi klippe (dalk ’n handgeverfde een?) tussen-in die plante sit.

- Dalena Theron

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.