Die departement van binnelandse sake het ’n lys name gepubliseer van mense wat meer as een ID-nommer het. In Augustus vanjaar was daar meer as 96 000 name op dié lys. “Waar daar twee of meer identiteitsnommers aan iemand toegewys is, sal een van die identiteitsnommers en die ooreenstemmende ID gekanselleer word,” lui die departement se kennisgewing. As jou naam op die lys voorkom, vra die departement dat jy by jou naaste binnelandse sake-kantoor uitkom sodat die probleem opgelos kan word. Die sperdatum hiervoor is 31 Desember 2013.

  • Om uit te vind of jy ’n duplikaat-identiteitsnommer het tik jou ID-nommer HIER in om te kyk of joune dalk ’n duplikaat het.
  • Besoek die departement se webtuiste vir nog inligting.