Meeste kinders is mal oor kos wat hulle met hul hande kan eet en dié stokworsies is net die ding vir luilekker vakansiedae en naweke. Probeer gerus hierdie heerlike Huisgenoot-resep.

Vir die worsies benodig jy:

  • 125 ml (½ k) polenta
  • 125 ml (½ k) meel
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • sout
  • 10 ml (2 t) strooisuiker
  • 1 eier, geklits
  • 125 ml (½ k) melk
  • 4 frankfurters
  • olie vir diepvetbraai

Vir die doopsous benodig jy:

  • 125 ml (½ k) Griekse jogurt
  • 10 ml (2 t) mosterdpoeier
  • 15 ml (1 e) heelkorrelmosterd
  • 30 ml (2 e) mayonnaise
  • sout en peper

Maak so:

  1. Meng die droë bestanddele en klits die eier en melk by.
  2. Halveer elke worsie en ryg op ’n sosatiestokkie.
  3. Rol die worsies in die beslag en braai in verhitte olie tot goudbruin.
  4. Meng die doopsous se bestanddele en sit voor.

Klik hier vir hierdie en nog ander smullekker Huisgenoot-resepte.