Meeste kinders is mal oor gekookte eiers. Maar wat as dié gesonde enige tyd, enige plek peuselhappie helder pienk kan maak? Hulle sal mos gek wees daaroor. Huisgenoot het die slim resep.

  • Bereiding: 5 minute
  • Gaarmaaktyd: 20 minute
  • Lewer 12 eierhappies

Jy benodig:

  • 6 ekstragroot hard gekookte eiers
  • 1 bottel ingemaakte beet
  • 250 ml (1 k) appelwynasyn
  • 80 ml (? k) bruinsuiker
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 5 ml (1 t) mosterd
  • 30 ml (2 e) mayonnaise
  • 2,5 ml (½ t) paprika
  • 15 ml (1 e) asyn
  • 30 ml (2 e) olyfolie

Maak so:

  1. Dop die eiers af en hou eenkant.
  2. Giet die rooi asyn van die beet in ’n ander bottel uit. (Gebruik die beet binnekort in ’n maaltyd.) Voeg die appelwynasyn, suiker, sout en peper by die beetasyn en meng goed. Sit die eiers in die mengsel, bedek en laat rus 5 uur of oornag.
  3. Skep die eiers uit en laat hulle droog word. Sny elkeen middeldeur. Skep die gele in ’n bak uit en voeg die res van die bestanddele by. Maak fyn tot glad. Gebruik ’n versier- of plastieksak en spuit die eiergeelmengsel in die pienk eiers.

Klik hier  vir hierdie en nog heerlike Huisgenoot-resepte.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.