Weet jy of jou tiener wat ’n voltaïese battery is? ’n Voltaïese battery kom in verskeie groottes en vorme voor. Dit skakel chemiese energie om in die elektriese energie wat ons nodig het vir ons selfoon, iPod, tablet of motor. Hierdie battery kan ingewikkeld voorkom, maar jy kan een van jou eie by die huis maak. Gryp ’n bietjie asyn, koperdraad en ’n ysbakkie en maak reg vir ’n les in stroombane wat jy nie gou gaan vergeet nie.

Kyk die video hier:

Die Steve Spangler-webtuiste  het een van die grootste versamelings praktiese eksperimente, projekte, professionele demonstrasies en wetenskap-video’s vandag beskikbaar. Dit gee jou gratis toegang tot ’n eksperiment-laboratorium met ’n weeklikse kombuiswetenskap-eksperiment en Sick ScienceTM-video. Die webtuiste dek kategorieë soos plante en diere, magnetisme, lig en klank, kleur, digtheid en energie.

Lees ook: