Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 25 minute

Gaarmaaktyd: 3 uur

Jy benodig:

Speserymengsel

  • 2 ml (½ t) kerriepoeier
  • 5 ml (1 t) paprika
  • 5 ml (1 t) fyn koljander
  • 1 ml (¼ t) fyn naeltjies
  • 2 ml (½ t) sout

Vleis

  • 30 ml (2 e) sonneblomolie
  • 2 middelslag-uie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 120 g spekvleis, in blokkies gesny
  • 700 g wildsvleis, in blokkies gesny
  • 500 ml warm vleisaftreksel

Kors

  • 160 ml (? k) melk
  • 80 ml (? k) sonneblomolie
  • 1 eier
  • 250 ml (1 k) koekmeel
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) paprika
  • 2 ml (½ t) sout
  • 5 ml (1 t) gemengde droë kruie

Maak so:

  1. Smeer ’n 30 cm-pasteipan met kleefwerende sproei.
  2. Speserymengsel Meng al die bestanddele.
  3. Vleis Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel en spekvleis by en roerbraai tot die spekvleis bros is. Sit eenkant.
  4. Braai die wildsvleis klompie vir klompie 2-3 minute of tot goudbruin. Voeg die speserymengsel by terwyl die vleis braai. Gooi ’n bietjie aftreksel by om te voorkom dat dit vassit.
  5. Verminder die hitte en sit al die vleis, uie en spekvleis terug in die kastrol. Voeg die aftreksel by en laat prut 2-2½ uur stadig of tot die vleis uitmekaarval. Skep dit in die voorbereide pasteipan en laat afkoel.
  6. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  7. Kors Klits die melk, olie en eier saam. Sif die meel, bakpoeier, paprika en sout saam en voeg die kruie by. Voeg die melkmengsel by en meng tot ’n gladde, sagte deeg.
  8. Skep die deeg oor die vleis en bak 30 minute of tot die kors goudbruin is.

  • Bushveld Pride-wildsvleis – by Checkers is dit altyd in seisoen

Vol geur, laag in vet en propvol vitamiene. Wildsvleis word dikwels beskryf as die perfekte rooivleis – en Checkers het seker gemaak dit is sakpas ook. Van vleiskoekies, maalvleis en boerewors tot steak vir die braaivuur, Checkers se  Bushveld Pride-reeks is heeljaar beskikbaar en bied ’n gesonde alternatief wat veelsydig, laag in kilojoules en perfek is vir ’n aantal gourmet-geregte. Klik hier vir nog inligting.