• Babaporsies: 5

Jy benodig:

  • 15 ml (1 e) gesoute botter
  • 40 ml volroommelk
  • 500 g aartappels, geskil en gekook

Vulsel

  • 10 ml (2 t) gesoute botter
  • 10 ml (2 t) koekmeel
  • 150 ml volroommelk
  • 2 spinasiebeetblare (Swiss chard), geblansjeer en fyngekap in ’n voedselverwerker
  • 60 g gaar skorsievlees (gekook, pitte verwyder, vlees uitgeskep en fyngedruk)
  • 125 ml (1/2 k) gerasperde goudakaas
  • 300 g vars of bevrore stokvis- of gerookte skelvisfilette, vel en grate verwyder, in blokkies gesny
  • sout en peper na smaak

Maak so:

Voorverhit die oond tot 200 °C, smeer vyf ramekins en plaas eenkant. Voeg die botter en melk by die aartappels en druk dit fyn tot daar nie meer enige klonte in die kapokaartappels is nie.  Maak nou die vulsel. Smelt die botter in ’n pan en roer die meel daarby in. Kook vir sowat 90 sekondes. Giet die melk geleidelik by en hou aan roer tot ’n gladde, dik witsous is.  Haal van die plaat af en roer die fyn spinasiebeetblare, skorsievlees, kaas en vis in. Geur na smaak. Verdeel die vulsel eweredig tussen die ramekins. Skep die kapokaartappels, ook eweredig verdeel, op die vulsel in elk van die ramekins (sien Wenk).  Plaas die ramekins op ’n bakplaat en bak op die middelste oondrak vir sowat 20 minute en sit warm voor.

Wenk

Indien jy van hierdie vispasteiporsies wil vries, berei dit soos hierbo, maar moet dit nie bak nie. Bedek die ramekins met kleefplastiek en plaas in die vrieskas. Ontvries die pasteie heeltemal en volg die metode vanaf stap 5.

  • Hierdie resep kom van Maaltye sonder moeite deur Debbie Wareham en Kim Jurgens. Klik hier vir nog inligting oor hierdie nuttige resepteboek.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.