Op soek na ’n goedkoop, lekker alternatief vir gekoopte kaartjies? SuperMa en Checkers het ’n paar blink selfdoen-idees wat jy en jou kinders vanmiddag kan beproef

Ek is lief vir jou

Benodigdhede

  • Karton (beskikbaar by Checkers in verskeie kleure) R16,99
  • Googly-oog R11,50 vir pak met 15, Merry Pak & Print
  • Merkpen
  • Skêr
  • Dubbelkantige kleefband of handwerkgom
  • Potlood

Totale koste = R28,49 by Checkers

Stap 1

Supermompicnic super mom, valentine card

Sny die kaartjie in die grote wat jy verkies. Vou dit in die helfte.

Stap 2

Supermom picnic super mom, valentine card

Plaas die googly-oog op sy plek op die voorkant van die kaartjie en trek dit af met potlood.

Supermom picnic super mom, valentine card

Sny die sirkel versigtig uit. Dit kan moeilik wees; help dus jong kinders.

Supermompicnic super mom, valentine card

Trek die posisie van die oog af aan die binnekant van die kaartjie.Teken ’n man met die merkpen om die posisie van die oog aan die binnekant van die kaartjie en plak die oog op sy plek met die dubbelkantige kleefband of handwerkgom.

Stap 3

Supermom picnic super mom, valentine card

Skryf met die merkpen die woorde “ek is jou” bo die googly-oog en “appel” ná die oog.

Supermompicnic super mom, valentine card Supermom picnic super mom, valentine card

Vingerafdruk-harte

Benodigdhede

  • A4-karton R14,99
  • Skêr
  • Washi-kleefband (opsioneel) R28, Merry Pak& Print
  • Inkkussing met ink
  • Alfabetseëls of merkpen

Totale koste = R14,99 by Checkers

Stap 1

Sny die karton so groot soos jy dit wil hê. Vou dit in die helfte.

Stap 2

Supermom picnic super mom; valentine, card

Versier die rante van die kaartjie met die Washi-kleefband.

Stap 3

Supermom picnic super mom; valentine, card

Gebruik die alfabetseëls of merkpen om jou boodskap te skryf.

Step 4

Supermom picnic super mom; valentine, card

Gebruik jou vinger om hartvorms op jou kaartjie te druk. Druk net jou voorvinger in die inkkussing en maak ’n hartvorm deur twee afdrukke diagonaal te plaas. As jy onseker is, oefen op ’n stuk afvalpapier; dis regtig maklik.

Supermom picnic super mom; valentine, card

Stuur ’n drukkie

Benodighede:

  • 3 x A2-karton R19,99 vir 5 velle
  • Skêr
  • Potlood
  • Merkers
  • Dubbelkantige kleefband
  • Posbuis R7,20, Marry Pak & Print

Totale koste = R27,19 by Checkers

Stap 1

Supermom picnic super mom; valentine; card

Plak die drie velle aan die kort kante aanmekaar met die tweekantige kleefband om een lang vel te form.

Stap 2

Supermom picnic super mom; valentine; card

Laat jou kind met haar/sy arms uitgestrek daarop lê en trek die vorm van die hande, arms, skouers en kop af. Sny dit uit.

Stap 3

Supermom picnic super mom; valentine; cardSupermom picnic super mom; valentine; card

Laat jou kind ’n gesig teken op die uitknipsel en skryf ’n boodskap in die borsgedeelte.

Stap 4

Supermompicnic super mom; valentine; card Supermom picnic super mom; valentine; card

Rol dit op en stuur dit na ’n geliefde in ’n posbuis.

Kry dit hier: Checkers 0800-01-07-09, Merry Pak & Print 021-531-2244

- Shelly Bergh

Foto’s: Megan Miller