Dis wat jy gaan benodig:

  • Seder-, denne- of rooihout.
  • Moere, boute en wasters.
  • Voorafgemengde beton.
  • Relings (“monkey bars”).
  • Aluminiumhandvatsels met plastiek bedek.

Jou gereedskap:

  • Maatband.
  • Gatgrawer.
  • Timmerbok.
  • Sirkelsaag.
  • Hamer.
  • Leer.
  • Waterpas.
  • Elektriese of koordlose boor.
  • Booryster.

Maak so:

  1. Meet waar jou speelgim geleë gaan wees om seker te maak dit gaan pas. Gebruik die maatband om die presiese hoogte, breedte en lengte te bepaal.
  2. Maak die grond gelyk waar die speelgim gebou gaan word.
  3. Maak twee parallelle reguit lyne op die grond, sowat 4 m lank en 3 m uitmekaar.
  4. Slaan ’n konstruksiepaal teen ’n 41 cm-interval langs die een lyn in. Meet 2 m van die tweede paal en slaan die paal daar in. Meet nog 14 cm en slaan ’n vierde paal in. Hierdie gate gaan gebruik word om die ligging van die relings aan te dui.
  5. Grawe ’n gat van sowat 60 m diep in hierdie vier plekke wat groot genoeg is vir ’n stuk hout van 10 x 10 cm wat in beton omhul is.
  6. Herhaal stappe 2 tot 4 op die ander lyn.
  7. Sit ’n paal van 2 m lank en 10 x 10 cm in elke gat.
  8. Berei die voorafgemengde beton volgens die aanwysings en gooi in elke gat. Pas elke paal aan met die waterpas sodat dit loodreg is en steeds 41 cm- en 2 m-intervalle tussenin het. Laat die beton volgens die aanwysings set. Hierdie pale moet stewig wees sodat die speelgim veilig is.
  9. Monteer twee 3 m x 10 x 10 cm-borde gelyk bo aan die binnekant van die twee pale wat 41 cm van mekaar is. Dit gaan die relings wees wat 41 cm van mekaar is. Die 1,5 cm-boute, -moere en -wasters moet hier gebruik word.
  10. Spasieer en monteer sewe relings tussen hierdie kruisstukke.
  11. Meet en sny stukke van ’n stuk bord van 2 m x 10 cm om die 41 cm-gapings by die ander stel pale te oorspan. Die 1,5 cm-boute, -moere en -wasters moet hier gebruik word sodat dit gelyk aan die binnekant van elke stel pale sit. Dit moet 41 cm meet as die pale vertikaal en parallel is.
  12. Monteer die oorblywende stuk hout van 3 m x 10 x 10 cm in die middel van die kruisstuk. Die monteergate en -boute gaan vertikaal deur elke ligging loop.
  13. Spasieer en hang ses wye aluminiumhandvatsels op hierdie stuk.
  14. Meet, spasieer en monteer 13 stukke van 2 m x 5 x 15 cm tussen een stel pale om ’n houtmuur te skep. Die monteergate gaan 1 cm wees. Monteer met die bout, waster en moer. Die kop van die bout gaan aan die buitekant wees.
  15. Sny vastrapplekke by verskeie intervalle met die saag.
  16. Hang ’n touleer en trapeesstaaf tussen die oorblywende stel pale met 1 cm-boute, -moere en -wasters. Hierdie items gaan baie gebruik word en moet sterk geanker word.

Wenke vir bykomstighede vir die speelgim:

  • Voeg groter, strukturele bykomstighede by, soos swaaie, ’n glyplank touleer of sandkis.
  • Jy kan enige ander kleiner bykomstighede byvoeg, soos handvatsels by klimlere. Verf of vlek die houtelemente as hulle nog nie is nie. Verf die struktuur wanneer dit klaar is. As jy verf voor dit klaar is, gaan dit kepe en krapmerke kry.
  • As jy wil, kan jy sand of houtsplinters onder die speelgim gooi. Maak finaal seker dat alles ferm geheg is en die verf droog is voor jy kinders daarop laat speel.

Ander idees vir speelgims waarvan ons hou:

’n Tweeverdieping-speelgim. Klik hier vir stap-vir-stap-aanwysings.

ms72j

’n Kleiner speelgim perfek vir jou tuin. Klik hier vir nog inligting.

jungle_gym

’n Binnenshuise gim vir die nat dae. Klik hier vir nog inligting.

dreamgym_sm1

Let asseblief hierna

Onthou, ongelukke gebeur maklik! Hou altyd toesig oor kinders en maak seker hulle verstaan die moontlike gevare van die klimraam.

-Janine Nel

Bronne: dreamgym.wordpress.com, curatethissapce.com, seedpodcraft.com, diynetwork.com, ehow.com