• Genoeg vir 4-6 mense
  • Bereidingstyd: 15 minute
  • Gaarmaaktyd: 30 minute

Jy benodig:

  • 15 ml (1 e) olie
  • 8 hoenderdye en -boudjies
  • 1 ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 250 g wit knopiesampioene
  • 2 tamaties, gekap
  • 15 ml (1 e) tamatiepasta
  • 1 sakkie (58 g) hoenderkooksous
  • 15 ml (1 e) droë gemengde kruie
  • sout en peper

Doen dit:

  1. Verhit die olie in ’n braaipan en verbruin die hoenderstukke. Voeg die ui, knoffel en sampioene by en braai nog 3 minute.
  2. Voeg die tamaties, tamatiepasta en kooksous by (volg die aanwysings op die verpakking). Geur met die gemengde kruie, sout en peper.
  3. Laat prut 30 minute of tot die hoender sag en gaar is.
  4. Sit voor saam met pap of stysel van jou keuse.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.