Jy benodig:

Garnering

  • 60 ml olyfolie
  • fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 30 ml gekapte kruisement
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Sop

  • 30 ml olie
  • 500 g skaapskenkels
  • 500 ml beesvleisaftreksel
  • 3 middelslag-aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 1 groot ui, fyn gekap
  • 2 – 3 wortels, geskil en in blokkies gesny
  • 2 preie, in ringe gesny
  • 3 stele sopseldery, grof gekap
  • 500 ml water
  • 250 ml vars of bevrore ertjies
  • ’n hand vol vars roketblare of koljander
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Maak so:

Garnering

Meng die olyfolie, suurlemoenskil, knoffel en kruisement goed, geur met sout en peper en hou eenkant.

Sop

Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die skenkels tot bruin. Voeg die aftreksel by en kook tot amper sag, sowat 1 uur. Voeg die aartappels, ui, wortels, preie, seldery en water by, bring tot kookpunt en laat sowat 15 – 20 minute prut of tot die aartappels sag is. Voeg die ertjies en roketblare by en laat nog 5 minute prut. Geur met sout en peper.

Sit die sop voor met die kruisementgarnering en Italiaanse broodstokkies (grissini).

Wennerwenk:

Gebruik pakke sopmengsels met vars groente soos aartappels, wortels, rape, uie en seldery.