Met ’n geverfde muurkalender kan jou kind self sy aktiwiteite goedkoop en maklik organiseer. Ons wys jou hoe. Kom loer ook in by Checkers vir nog mooi idees en produkte.

So maak mens

Trek lyne 15 cm uit mekaar met ’n waterpas teen die muur.

Trek soortgelyke vertikale lyne.

Verf die blokke verskillende kleure (plak maskeerband om die blokke netjies vierkantig te hou).

Ons het verskillende kleure Plascon Cashmere-verf gebruik.

Verf twee tot drie lae vir ’n netjiese afwerking. Skryf die dae se name met bordkryt in.

Doen ook dit

Jou kind hoef nie noodwendig by ’n lessenaar te studeer nie. Gaan snuffel dalk in tweedehandse winkels vir ’n mooi ou tafel. Jy kan dit self verf of restoureer.

’n Ou tafel en ’n modern stoel is lekker pasmaats. Sorg net dat die stoel jou kind se postuur ondersteun sodat sy gemaklik sit terwyl sy studeer.