Jy benodig: 

  • 500 g Enterprise Chicken Roll
  • 2 eiers, geklits
  • 150 ml vars broodkrummels
  • 50 ml olie
  • 12 broodrolletjies of pitas
  • 2 tamaties in skywe gesny
  • blaarslaai
  • 12 kaasskywe
  • 100 ml mayonnaise

Maak so:

Sny die Enterprise Chicken Roll in dik skywe en doop dit in eier. Bedek met broodkrummels en laat staan vir ’n paar minute in die yskas. Verhit die olie en braai elke skyf goudbruin. Verdeel die hoenderskywe tussen die broodrolletjies,  gevolg deur die tamatieskywe,  blaarslaai en kaasskywe. Skep ’n lepel vol mayonnaise op elke broodrolletjie.

Genoeg vir 12 klein porsies.