Is dit tyd dat baba sy of haar eie plekkie in die huis kry? ’n Spaarkamer kan met min geld en moeite in ’n vrolike ruimte omskep word.

201212HGM035.pdf - Adobe Reader

Kies ’n kleur

Kleur is die vinnigste en goedkoopste raad om ’n babakamer in te rig. Dit bewys weer hoeveel wonders verrig kan word met verf. En wanneer baba dié fase ontgroei, spring jy net weer in met ’n pot verf en los bykomstighede.

Oud en lieflik

Jy hoef ook nie noodwendig nuwe meubels aan te skaf nie. Ons het ’n tweedehandse bababed gekoop en dit ’n prettige kleur geverf. Gebruik ’n emaljeverf met ’n waterbasis, want dit is reukloos en veilig vir die baba. Dié bed is op Gumtree gekoop, maar gaan kyk ook by olx.co.za, bidorbuy.co.za en donkiz.co.za.

Liewer bang Jan

Onthou baba’s ontwikkel in ’n japtrap en verken graag hul omgewing. Kyk dus met ’n skerp oog na die nuwe kamer en maak seker daar skuil geen gevare nie.

Wenke om ’n babakamer veilig te maak

  • Sit speelgoed in houers of mandjies sodat niemand daaroor val nie.
  • Sit veiligheidsproppe in all kragpunte; klein vingertjies en speelgoed pas maklik daarin wanneer niemand kyk nie.
  • Sit ’n deurstop voor die deur en keer dat vingers toegeklap word.
  • Trek veiligheidsoortreksels om die hoeke van tafels en rakke of installeer dit hoog genoeg dat baba nie daarin kan vaskruip nie.

Gaan kyk in jou gunsteling-Checkers vir nog oulike idees en produkte of loer op hul babawebtuiste: http://www.checkers.co.za/Baby/Pages/default.aspx

- Shelly Bergh

Foto’s: Megan Miller