Hier’s ‘n heerlike Huisgenoot-resep vir 'n pikante happie vir enige dag van die week – en natuurlik ideaal vir kommer- en kookvrye vakansie-tyd.

  • Genoeg vir 4 mense
  • Bereidingsty: 20 minute
  • Gaarmaaktyd: 10 minute

Koekies

  • 1 blik (400 g) soetmieliepitte
  • 375 ml (1½ k) bruismeel
  • 2 ml (½ t) paprika
  • 250 ml (1 k) sodawater
  • sout en peper
  • 1 eierwit
  • olie vir diepbraai

Salsa

  • 2 mango’s, in blokkies gesny
  • 100 g babatamaties, gehalveer
  • 1 rooi-ui, gekap

Maak so

  1. Koekies: Klits die soetmielies, meel, paprika en sodawater saam.
  2. Klits die eierwit tot die volume verdubbel het en vou dit by die beslag in.
  3. Verhit ’n pot halfvol olie oor matige hitte. Diepbraai lepels vol van die beslag in die warm olie tot goudkleurig. Dreineer op papierhanddoeke.
  4. Salsa: Meng die bestanddele en sit dit saam met die koekies en soetbrandrissiesous voor.

Klik hier vir hierdie en ander smullekker Huisgenoot-resepte.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.