Of jy nou ’n gesonde peuselhappie of iets lekkers vir ’n kinderpartytjie soek, is hierdie lekker biltongwiele net die ding.

Kaserige biltongwiele

Genoeg vir 4 mense

Dis wat jy nodig gaan kry:

  • 50 ml gesoute botter
  • 4 snye witbrood, korse verwyder
  • 100 ml Marmite of Bovril
  • 160 ml (? cup) grated Cheddar cheese
  • 125 ml (½ k) biltongskaafsels

Maak so:

Smeer die botter aan weerskante van elke sny brood. Smeer die Marmite of Bovril op een kant van elke sny brood en sprinkel die kaas oor. Rol elke sny op soos ’n rolkoek. Sny in wiele van 2 cm. Rol die wiele in die biltongskaafsels en sit voor (die biltong behoort aan die botter vas te sit).

  • Hierdie resep kom van Maaltye sonder moeite deur Debbie Wareham en Kim Jurgens. Klik hier vir nog inligting oor hierdie nuttige resepteboek.