Maaltye sonder moeite is ’n Suid-Afrikaanse resepteboek wat op die hele familie gemik is. Die outeurs, Kim Jurgens en Debbie Wareham, is maar al te bewus dat die lewe baie veeleisend vir ’n werkende ma kan wees. Daarom het hulle resepte aangepas wat by babas, kleuters en die hele gesin aanklank sal vind. Slegs plaaslik beskikbare bestanddele word gebruik en ’n paar Suid-Afrikaanse gunstelinge is ingesluit.

Die boek volg die selfspening-benadering en bevat nuttige voorstelle, asook inligting oor hoe om die oorgang van bors-/formulemelk na vaste kosse so maklik moontlik vir mammas en babas te maak. Daar is ’n volledige afdeling oor borsvoeding, asook die regte tydperk om met vaste kosse te begin. Die selfspening-metode stel voor dat die baba deel word van etenstye en hulle vingerhappies vanuit die eetstoeltjie geniet terwyl die gesin eet. Maaltye sonder moeite bevat meer as 120 gesonde en maklike resepte wat alles van purées vir die baba, tot heerlike etes vir die hele gesin insluit.

Debbie Wareham is opgelei by die Christina Martin School of Food and Wine in Durban. Sy het as sjef by die Mkuze Falls Lodge gewerk en het ’n suksesvolle spysenier-onderneming bestuur. Sy het onlangs ’n klein  restaurant in Durban oopgemaak.

Kim Jurgens is ’n La Leche League-leier en verskaf bewys-gebaseerde inligting om moeders wat verkies om te borsvoed, te ondersteun. Sy het ’n BComm-graad in Bedryfs- en Organiseringsielkunde deur Unisa en ’n NDip in Skakelwese-bestuur van die voormalige Technikon Natal (tans die Durban University of Technology). Sy het vir 15 jaar op die gebied van skakelwese en menslike hulpbronne gewerk. Kim en Debbie is susters.

Maaltye sonder moeite is beskikbaar by Randon House Struik teen R240. Klik hier vir meer inligting.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.