Hierdie smaaklike burgers maak jy maklik en gaan selfs die besigste tiener se honger stil. Beproef hierdie heerlike resep van Checkers.

burgers_copy pic

Genoeg vir 4 mense

Dis wat jy vir die sous gaan nodig kry:

  • 1 rooi-ui, baie dun gesny
  • 45 ml (3 e) mayonnaise
  • 30 ml (2 e) soetrissiesous
  • 15 ml (1 e) koljander, gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngemaak

Maak eers die sous sodat die geure kan ontwikkel en laat 30 min. rus. Sit die ui in ’n bak en voeg ’n knippie sout by. Laat 8 min. staan en roer die res van die bestanddele by.

Dis wat jy vir die burgers gaan nodig kry:

  • 8 Championship Burger-vleiskoekies
  • ’n bietjie olyfolie vir bak
  • 4 broodrolletjie, gerooster vir ekstra tekstuur
  • 100 g roomkaas met sprietuie of grasuie
  • 50 g roket
  • 50 g gemengde slaaiblare
  • tamatieskywe
  • komkommerrepe
  • 4 sosatiestokkies

Verhit ’n kleefwerende pan en voeg ’n bietjie olyfolie by. Bak die vleiskoekies in sarsies soos verkies en hou warm. Smeer die roomkaas aan die rolletjies. Meng die roket en slaaiblare en plaas op elke onderste rolletjie, gevolg deur ’n vleiskoekie, tamatieskyf, ’n lepel vol sous, nog ’n vleiskoekie, komkommerrepe, nog ’n bietjie sous en die boonste rolletjie. Steek vas met die sosatiestokkie. Sit voor saam met aartappelwiggies.

Wenk: Die dames-weergawe gebruik net een vleiskoekie per burger.

Klik hier vir nog heerlike Checkers-resepte.

- Resep deur Jenny Morris

Lees ook: