Wil jy hê jou kinders moet opgewonde raak oor wetenskap? Dan is die Steve Spangler Science-webtuiste  net die ding wat jy nodig het! Die webtuiste het een van die grootste versamelings praktiese eksperimente, uitstallingseksperimente, professionele demonstrasies en wetenskap-video’s vandag beskikbaar.

Dit gee jou gratis toegang tot ’n eksperiment-laboratorium en elke week ’n nuwe praktiese wetenskap- en Sick Science!™-video. Die webtuiste se hulpbronne dek plante en diere, magnetisme, lig en klank, kleur, digtheid en energie.

Hier is ’n wonderlike video oor ’n eksperiment met mielieblom en elektrisiteit: