Moenie die wetenskap-eksperimente net aan jou kind se onderwyser oorlaat nie. Met dié fantastiese webtuiste kan julle vet pret by die huis ook hê en só kan jy jou kind opgewonde maak oor hierdie belangrike vak.

Steve Spangler Science is tans een van die grootste versamelings praktiese wetenskap-eksperimente, wetenskap-uitstallings, professionele demonstrasies en wetenskap-video’s beskikbaar aanlyn.

As jy jou naam en e-posadres verskaf, sal jy onmiddellik toegang kry tot die Spangler Experiment Library en ’n gratis inskrywing tot hul Experiment of the Week-e-pos kry, wat onder meer ’n nuwe praktiese kombuiswetenskap-eksperiment en Sick ScienceTM-video bevat.

Die webtuiste organiseer sy hulpbronne volgens kategorieë soos:

  • Plante en diere
  • Magnetisme
  • Lig en klank
  • Kleur
  • Digtheid
  • Energie

Jy kan talle eksperimente, hulpbronne en video’s kry wat jou en jou kind ure lank kan besig hou.

Die video’s (soos die een hieronder) is nie net hope pret nie, maar leer jou ook oor wetenskaplike beginsels.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.