Jy benodig:

  • 1 Franse brood, in snytjies van 1,5 cm gesny
  • olyfolie
  • roomkaas vir afronding
  • 2 ryp avokado’s, in klein blokkies gesny
  • 1 Roma-tamatie, ontpit en in klein blokkies gesny
  • 60 ml mayonnaise
  • 1 wiel fetakaas, fyn gekrummel (opsioneel)
  • 2 tot 3 stingeluie, gekap
  • sap van ’n halwe suurlemoen

Maak so:

  1. Braai die snytjies brood in ’n bietjie verhitte olyfolie in ’n pan tot alkant bruin.
  2. Meng al die bestanddele vir die salsa, maar hou ’n bietjie van die tamatie en stingelui eenkant. Skep hopies salsa op elke bruschetta en rond af met ’n klein skeppie roomkaas en ’n bietjie gekapte tamatie en ui.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.