• Genoeg vir 4-6 mense
  • Bereidingstyd: 15 minute
  • Gaarmaaktyd: 40 minute

Jy benodig:

  • 40 g botter
  • 1 ui, gekap
  • 3 wortels, in skywe gesny
  • 3 selderystele, in skywe gesny
  • 125 ml (½ k) meel
  • 625 ml (2½ k) melk
  • 1 sakkie gekonsentreerde laesout-aftreksel
  • 8 hoenderborsies, in blokkies gesny
  • 250 ml (1 k) bevrore ertjies
  • 2 takkies tiemie
  • hand vol pietersielie, gekap
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 400 g broskorsdeeg
  • 1 eier, met 10 ml (2 t) water geklits

Maak so:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Smelt die botter in ’n pan oor matige hitte en kook die ui, wortel en seldery tot die ui sag is.
  3. Voeg die meel by en roer 2 minute. Klits die melk en aftreksel in. Verminder die hitte en laat prut 5 minute. Voeg die hoender, ertjies, tiemie, pietersielie, sout en peper by. Skep in 4 oondvaste bakke.
  4. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en sny deegdeksels uit wat ’n bietjie groter as die bakke is. Lê dit oor die vol bakke neer en vou die oortollige deeg langs die kante af. Druk die deeg met ’n vurk teen die rand van die bak vas.
  5. Verf die deeg met die eiermengsel en bak 25 minute of tot die pastei goudkleurig is.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.