Hierdie heerlike resep vir groentepuree van Checkers is perfek vir babas ouers as sewe maande. Dit kan later ook met ’n vurk fyngedruk word vir ouer babas.

veggie puree_copy pic

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • 300 g patat (met die oranje vlees)
  • 1 groot wortel, geskil en in skywe gesny
  • 250 ml (1 k) broccoli

So maak jy:

  • Stoom die patat en wortel 10 min. of tot sag. Voeg die broccoli by en stoom 5 min. of tot die groente gaar is. Verwerk tot glad en sit warm voor.
  • Jy kan ook die groente saam fyndruk vir ’n growwer tekstuur om jou baba aan verskillende teksture gewoond te maak. Sit warm voor.
  • Lepel die orige mengsel in ysbakkies en vries vir latere gebruik.
  • Verhoogde veselinhoud van die groente help die baba se magie reg werk.

Die geregistreerde dieetkundige Anthea de Villiers het hierdie inhoud verskaf. Klik hier vir nog heerlike Chekcers-resepte.