french toast_copy pic

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • 3 groot vryloop-eiers
  • 15 ml (1 e) melk
  • sap en skil van ½ lemoen
  • sout en peper na smaak
  • 2 snye plaas- of suurdeegbrood
  • 30 g botter
  • 6 snye prosciutto-ham
  • esdoringstroop vir voorsit

Maak so:

Klits die eiers, melk en lemoensap saam. Voeg die skil by, geur goed en giet oor die brood om ’n paar minute te week. Verhit die botter in ’n pan en bak die deurweekte brood daarin tot albei kante goudbruin is. Sny elke sny brood in drie vingers, draai die ham daarom en gooi esdoringstroop oor.

Klik hier vir nog heerlike Checkers-resepte.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.