Meeste kinders is gek oor kapokaartappels en met Checkers  se nuwe lae-GI Carisma-aartappels kry dié ou gunsteling nou ‘n nuwe, gesonder baadjie. Probeer die lipleklekker Huisgnoot-resep vir kapokaartappels.

  • Genoeg vir 4 mense
  • Bereiding: 5 minute
  • Gaarmaaktyd: 30 min

Jy benodig:

  • 6 repe streepspek
  • 500 g jong aartappels, gehalveer
  • 250 ml (1 k) dikroom
  • sout en peper na smaak
  • 60 ml (¼ k) grasuie
  • 125 ml (½ k) cheddarkaas

Maak so:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Rangskik die spekvleis op ’n bakplaat en bak vir 12 minute of tot bros.
  3. Sit die aartappels in ’n middelslag-pot en bedek met soutwater.
  4. Laat prut vir 15 minute of tot sag.
  5. Dreineer en maak die aartappels fyn terwyl jy die room byvoeg en dit met sout en peper geur.
  6. Roer die grasuie, kaas en gekapte spekvleis by.

Klik hier vir hierdie en nog ander heerlike Huisgenoot-resepte.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.