Die naweek is hier, en wat is nou lekkerder as ’n paar lekker steaks en smullekker tjips vir die kinders? En nog beter as jy dit gesonder kan maak met dié resep vir New York Strip-steak en beetskyfies van Checkers.

Genoeg vir 2-4 mense

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • 500 g-1 kg New York Strip-steak, afhangend van die getal mense
  • 150 ml roomkaas per steak
  • 6-8 pikantrissies per steak
  • 4 rou bete
  • vars spinasie
  • sout en peper

Maak so:

Verhit ’n pan sonder olie tot baie warm. Sny ’n gleuf in die steak en vul met die roomkaas en pikantrissies. Geur met die sout en peper. Sprinkel olyfolie in die pan en braai die steak soos verkies (4 min. per kant vir mediumgaar).

Sny die beet in repe soos slaptjips. Verhit ’n pot olie en bak die beet tot dit sag is en ’n diep kleur het. Voeg ’n bietjie olie in ’n pan vir die spinasie. Breek die blare in stukke, geur met die sout en peper en panbraai tot gaar.

Opdienvoorstel:

Sit die spinasie in ’n bord en pak die steak en beetskyfies bo-op. Bedien met sout en peper.

  • Hierdie resep is deur Jaun Laubscher saamgestel en vir Checkers gedoen deur Your Little Blog. Klik hier vir nog heerlike Checkers-resepte.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.