Wys hoe diep jou liefde lê deur self ’n geskenk te maak vir iemand spesiaal. Ons wys jou hoe.

Seëlhart

hg201301016mw0004

Vul twee leë rame met ’n hart gemaak van ou posseëls en ’n mooi handgeskrewe boodskap.

Tyd: 1 uur

Prys: Vanaf R100

Benodigdhede: Wit papier, skêr, fotorame,potlood, ourooi en pienk seëls,gom, swart fynpuntpen,uitveër

Stap vir stap

  • Knip twee stukke wit papier uit in die grootte van die binnekant van jou rame.
  • Teken met die potlood ’n hart op ’n aparte stuk wit papier. Knip die hartvorm uit.
  • Plak die seëls op die hartvorm vas. Laat hulle oorvleuel.
  • Draai die stuk papier om en knip die rande af van die seëls wat verby die hartvorm steek.
  • Plak dit op een van die stuk stukke wit papier wat in stap 1 genoem is.
  • Vat die ander stuk wit papier wat in stap 1 genoem is.
  • Skryf met die potlood ’n liefdesboodskap daarop sodat jy jou letters mooi en netjies kan vorm.
  • Trek die potloodskrif met ’n swart fynpuntpen na. Wag tot die ink droog is en vee die potloodmerke uit.
  • Sit die hart en boodskappie in hul rame en sit dit op ’n plek waar jou geliefde hulle sal sien.

Die lig in jou lewe

hg201301016mw0007

Maak ’n papiergewig met ’n liefdestema.

Tyd: 2 uur

Prys: vanaf R50

Benodigdhede: Veiligheidsbril en handskoene,koerantpapier, saag, afvalhoutblokkie,fyn houtskuurpapier,gloeilamp (nie fluoor of halogeen),langneusknyptang, rooiskuifspelde, skroewedraaier,hamer, spyker, Super Glue, fynpuntpen,wit papier, duimspyker

Stap vir stap

  • Sit die veiligheidsbril op en trek die handskoene aan. Lê genoeg koerantpapier neer om ’n groot werkoppervlak te bedek sodat enige glasstukkies opgevang sal word.
  • Saag ’n blokkie van ongeveer 6 x 6 x 6 cm en skuur die kante glad.
  • Hol die gloeilamp uit deur die soldeerpunt aan die onderkant met die knyptang vas te vat en dit ’n goeie draai te gee. Trek die geelkoperbasis uit en kraak die swart glas-isoleerder.
  • Steek die skroewedraaier in die opening in en tik op die blootgestelde vulbuis tot dit breek. Skud die gloeidraad en enige ander stukkies gebreekte glas uit die gloeilamp.
  • Buig die skuifspelde met die tang in hartvormige “gloeidrade”. Sorg dat die harte small genoeg is om deur die onderkant van die gloeilamp te pas.
  • Steek hulle in die gloeilamp tot op die verlangde hoogte en knyp die ekstra draad van die stele af wat onder uitsteek.
  • Maak met die hamer en spyker twee gidsgaatjies in die middel van die houtblok. Sit ’n druppel gom in elke gaatjie en steek die stele van die draadharte daarin.
  • Pas die gloeilamp oor die gloeidrade en plak die basis van die gloeilamp op die hout vas. Skryf ’n liefdesnota en steek dit met die duimspyker vas.

- Simone Borcherding

- Foto’s: Megan Miller