Skeerroomverf: Gebruik ’n muffinpan en spuit elke holte vol skeerroom (Dit is goed om skeerroom vir ’n sensitiewe vel te gebruik.) Gebruik dan die koskleursel van jou keuse en meng ’n paar druppels by die hopies skeerroom in om dit te kleur. Jou kinders kan na hartelus die bad en teëls verf, en jy vee dit eenvoudig met ’n natlappie af.

Gloeiende pret: Gooi ’n paar glimstokkies (glow sticks) in die bad en skakel die ligte af. Jou kind sal mal wees oor die gloeiende kleure onder die water.

Badjellie: Beproef van die nuwe jellieprodukte (Gelli Baff) wat jou kind se badwater in jellie verander. Jy gooi eenvoudig die mengsel in die water en gooi dan die teenmengsel agterna by om die water weer normaal te kry.

Gebruik kombuisware: Kinders sal gefassineer wees deur die straaltjies water wat deur die vergiettes se gaatjies loop en dit geniet om water met koppies en potte op te skep.

Maak badslym: Meng een pakkie ongegeurde gelatien met ’n halwe koppie suurlemoensap en vier druppels koskleursel. Mikrogolf die mengsel sowat 45 sekondes tot ’n minuut en sit dit sowat ’n halfuur in die vrieskas om te stol. Jou kinders kan dan met die slym in die bad speel. Dit was maklik met warm water en seep af.

  • Checkers se Baba-veldtog (27 Maart tot 6 April) sluit ’n fantastiese reeks produkte vir badtyd, aantrek, voer, gesondheid, ek-tyd vir ma, troeteltyd, en organiese en babaprodukte in. Klik hier om te sien wat by jou naaste Checkers-winkel beskikbaar is.

- Mieke Vlok

Bronne: wikihow.com, bathactivitiesforkids.com