DIT het soos ’n dief in die nag gekom. Toe die grapjas weer sien, lê hy pens en pootjies in die hospitaal. Hy was soos ’n sardientjie tussen ’n klomp verpleegsters ingedruk, besig om vir foto’s met sy aanhangers te poseer.

Dié een was wel geen grap nie. Leon Schuster was sedert Februarie al ’n paar keer in die hospitaal met ’n bloeiende maagseer. “Maar ek kan mos nie nee sê as mense ’n foto saam met my wil hê nie,’’ lag Leon in die leunstoel in sy sitkamer.

Die ding het hom stadig maar seker bekruip. Hy was van verlede jaar af gereeld naar, maar hy het gedink dis weens die mantelvliesbreuk wat hy jare gelede opgedoen het.

“Terwyl ons besig was met die laaste fliek wat ons geskiet het, het ek daar in een van die woonwaens gesit en vir ’n kollega gesê ek is nou vreeslik naar. Toe drink ek maar ’n paar Valoids. ’n Mens ignoreer mos die tekens so lank as wat jy kan,” vertel hy.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 28 April 2011