’n Ma van Engeland het drie weke ná die geboorte van haar baba uit ’n koma wakker geskrik.

[caption id="attachment_165838" align="alignnone" width="600"]Foto: Just Giving Foto: Just Giving
[/caption]

Drie weke daarna het sy in die King Kollege-hospitaal in Londen wakker geskrik en glad nie haar babadogtertjie, Freya, herken toe die dokters ’n foto van haar wys nie, berig Mirror Online.

Deanne onthou net die laaste oomblik toe sy met haar man, David (33), grappies gemaak het voor sy die teater binnegegaan het vir die keisersnit.

Op 36 weke is pre-eklampsie by Deanne gediagnoseer en moes dokters by die Torbay-hospitaal in Engeland die geboorte aanjaag.

[caption id="attachment_165837" align="alignnone" width="540"]Foto: Just Giving Foto: Just Giving
[/caption]

Maar toe sy die lewe skenk aan ’n baba van 2,21 kg, het dokters uitgevind Freya het E. coli en het haar na die spesiale eenheid vir babas geneem om aan te sterk.

Vier dae later het dokters besef Deanne se lewer en niere is besig om in te gee en dat sy dadelik ’n leweroorplanting nodig het.

’n Jong lewerskenker in Londen is gelukkig ná vyf dae gevind en Deanne is dadelik na die King Kollege-hospitaal in Londen oorgeplaas om die oorplanting te ontvang.

Die herstelpad was lank en Deanne wou net soos enige ander ma haar pasgebore baba op haar bors vertroetel.

“Ek het Freya ’n paar minute ná haar geboorte op my bors gehou, maar ek kan dit glad nie onthou nie en sy het natuurlik baie gegroei toe ek in ’n koma was,” vertel Deanne aan Mirror Online.

Sy sê dit was vreemd toe haar ma en David vir klein Freya vir die eerste keer ná die oorplanting in haar hospitaalkamer inbring.

“Dit was vreemd, want jy ontmoet nie jou baba vir die eerste keer as hulle ten volle geklee is nie,” sê Deanne. Nou wil die dankbare ma graag hê die skenker moet weet hoe dankbaar sy is om tyd saam met haar dogtertjie in die gemak van hul eie huis deur te bring.

“Ons mag niks van die skenker weet nie, maar die hospitaal sal ’n brief aan die familie oorhandig.

“Ek gaan ook foto’s van Freya aan die familie stuur,” sê Deanne.

Vriende en familie van die Harry-gesin samel nou geld in vir die Torbay-hospitaal se spesiale eenheid vir babas asook die King Kollege-hospitaal in Londen om hul dank te betoon.

Bronne: Mirror.co.uk, Metro.co.uk