Regt. Fariedha Mohamed het Krishnandi Govindsamy (30) vandeesweek in die landdroshof in Durban skuldig bevind.

Krishnandi, ’n kassier by ’n slaghuis, het haar baba die aand van haar geboorte in haar huis in Mayville met ’n T-hemp verwurg. Sy het in die badkamer die lewe geskenk.

Sy het die lykie in ’n plastieksak gesit, die sak in haar klerekas gesit en gaan slaap.

Volgens die pleitdokente het die baba, wat Krishnandi Tamia van Wyk genoem het, kort ná haar geboorte op 24 Junie gesterf.

Haar prokureur, Anesh Maharaj, het ter strafversagting gesê sy kliënt, ’n ma van drie, is ’n eerste oortreder.

Hy het gesê die hof moet oorweeg dat sy tydens haar swangerskap geen emosionele ondersteuning gehad het nie omdat haar man, Nathan van Wyk, met dwelms betrokke is.

Regt. Mohamed het gesê Krishnandi se dade is vooraf beplan omdat sy reëlings kon tref dat iemand vir die baba kan sorg.

“Jy het ’n lap en T-hemp gebruik om die baba te verwurg; jy het gedink aan wat jy doen,” het regt. Mohamed gesê.

- Sapa