Dis enige ouer se grootste nagmerrie om hul kind met dwelms te betrap.

Maar toe sy haar 16-jarige dogter daaroor uitvra, is die ma erg verleë gelaat oor wat die “onwettige middels” is.

1

2

Sy skryf verder: “Ashley Carol, ek sal nie dwelms in my huis toelaat nie. Kom dadelik huis toe. Sodra jou pa huis toe kom van Kalifornië af, sal ons praat oor die gevolge. Vir eers is jy gehok en jy sit nie ’n voet uit die uit huis nie. Kom dadelik huis toe.”

Maar Ashley wou niks hoor nie.

3

Nadat sy vir haar ma verduidelik het wat die “verdagte kapsules” is, het Ashley haar gevra om dit in die water te gooi. Haar ma het dit eers bevraagteken, waarop die student vir haar geskryf het: “Doen dit net.”

Nadat sy haar dogter se aanwysings gevolg het, het die verwarde ma net gereageer met ’n foto van vier kleurryke dinosourusse wat in ’n glasbak dryf.

Die “dwelms” was toe eintlik Magic Grow Capsules wat in klein dinosourusse verander wanneer mens dit in water plaas. Die erg verleë ma het daarna aan haar dogter geskryf: “Toemaar, jy hoef nie huis toe te kom nie.”

Die tiener het besluit om die teksboodskappe op Twitter te deel en meer as 40 000 mense het sedertdien geklik om te wys hulle hou daarvan; dis ook meer as 27 000 keer hertwiet.

Die ma het ook nie op haar laat wag nie en lekker haar 16-jarige dogter se been getrek met die vraag: “Hoekom op dees aarde het jy dit gekoop? Ek het gedog jy’s 16 en nie sewe nie?”

Ashley het geantwoord: “Ag, ek weet nie. Dit het net koel gelyk.”

Bronne: MailOnline, Mirror

Lees ook op Huisgenoot.com:

Mamma Mia! Abba-aanhangers sal hiervan hou

Liefde by die Dam: Francois van Coke kan skaars wag

Terreurwaarskuwings: Só skerp inkopiesentrums in Kaapstad, Johannesburg veiligheidsmaatreëls op

Bisarre foto’s en video’s: So versorg ’n mens jou hare en naels in die ruimte . . .

Polisie se skokontdekking by Kaapse kleuterskool