Daar is ’n ou gesegde wat lui: “’n Ma weet die beste.”

serial killer son

Kim het op die Dr. Phil Show haar vrees gedeel oor haar aangenome seun, Rylan, wat onrusbarende gedrag toon. “Hy is behep met messe. Rylan praat oor messe, hy dink aan messe en, wanneer hy ’n skerp voorwerp sien, dan moet hy dit kry.

Kim en Ryan, haar gewese man, is gevolglik doodbang vir Rylan.

“Hy praat oor hoe hy ons gaan steek, oor hoe hy messe bokant sy kop gaan oplig sodat hy die beste impak kan kry, en hulle dan in ons borskas gaan steek.

“My grootste vrees is dat ons ’n skieter by die skool, ’n massamoordenaar, ’n reeksmoordenaar grootmaak,” het Kim haar bekommernis gedeel.

Die seuntjie het glo ook ’n denkbeeldige vriend, Bleeder, en dié het hom aangemoedig om sy hele gesin uit te wis.

Volgens die Huffington Post het Kim, toe Rylan ’n baba was, opgemerk dat hy anders was as ander kinders. Toe hy 18 maande oud was, het hy sy asem opgehou tot hy bewusteloos was. Op driejarige ouderdom het Rylan messe in ’n waatlemoen gesteek.

“Toe Rylan ses was, het hy hom in die badkamer toegesluit, sy ouer broer se skeermes in die hande gekry en sy vingerpunte afgesny omdat hy wou sien hoe hulle bloei.”

Kim en Ryan, haar gewese man, is gevolglik doodbang vir Rylan.

“Die afgelope sowat drie jaar het ons nie een normale dag beleef nie.

“Wanneer hy geheel en al beheer verloor, is ons laaste toevlug ’n terapeutiese greep,” verduidelik Ryan.

Rylan se biologiese ouers was na bewering albei dwelmverslaafdes en albei ly aan bipolêre afwyking.

Bronne: dailymail.co.uk, huffingtonpost.com, metro.co.uk