Sy was ywerig aan’t skarrel, soos net ’n ma kan skarrel wanneer ’n geliefde dogter kom kuier. Die April-skoolvakansie was om die draai en daar was nog soveel te doen. Sy het ekstra bottels vrugte en groente ingelê, haar dogter se slaapkamer reggekry en die dae afgetel.

Op ’n Woensdagoggend twee weke voor die vakansie tel Charlotte Eksteen toe die telefoon op en bel haar dogter, op die ingewing. Negeuur op ’n skoologgend en in skooltyd; gewoonlik sou sy dit nooit doen nie, maar sy het sommer net ’n kans gewaag. Hoekom, sê sy vandag, weet sy steeds nie.

En heel toevallig was haar 18-jarige Anika die oggend by die huis met ’n oorinfeksie. Ma en dogter kon toe lekker gesels en Anika kon nog ’n laaste versoekie insit: “Ma, onthou om vir my ’n ekstra groot bottel beetslaai in te lê!”

Maar die kuier het toe nooit gebeur nie. Pleks daarvan was dit Charlotte wat die reis onderneem het, van Mosselbaai na Pretoria, om haar dogter te gaan begrawe. En terwyl ’n ouerpaar gerou het oor die verlies van hul geliefde dogter, het Suid-Afrika in afgryse gestaan oor die koelbloedige manier waarop die jong meisie vermoor en toe vermink is.

Dieselfde oggend waarop Anika Smit nog so vrolik met haar ma gesels het oor die komende vakansie, is sy vermoedelik in haar huis in Theresapark in Pretoria verkrag, met verskeie steekwonde in haar nek en lyf vermoor – en toe is haar hande tussen elmboog en pols afgekap en weggedra...

Lees die volledige artikel in die 1 April-uitgawe van Huisgenoot.