’n Woedende ma het wraak op haar dogter geneem deur haar One Direction-kaartjies op te veil.

Die ma het vier kaartjies op eBay geadverteer vir ’n konsert van die groep op 25 Oktober in Sydney, Australië. Daar is reeds aanbiedinge van meer as R240 000 vir die kaartjies.

Haar inskrywing lees: “Julle kan my dogter se selfregverdigende en parmantige houding vir hierdie kaartjies bedank. Sien jy, skat? En jy het gedink ek maak ’n grap.

“Ek hoop die suur gesigte van jou katterige klein vriendinnetjies, wanneer jy hulle vertel ek en jou pa het ons geskenk aan julle teruggeneem, herinner jou dat jou ouers meer as enigiemand anders liefde en respek verdien.

“En jou simpel klein tropgesindheid om te dink jou ouers is dwase, is ongelukkig verkeerd. In elk geval. Jou verlies is iemand anders, wat dit verdien, se wins! DIE KAARTJIES IS IN RY O, afdeling 57. ONTHOU DIE VEILING IS VIR AL VIER KAARTJIES, wat per geregistreerde pos gestuur sal word.”