Dit voel soms of jy slange kan vang wanneer jy ’n gesprek wil aanknoop, maar hy lig skaars sy oë van die skerm. Dit is presies hoe Karly Tophill (41), ’n joga-instruktrise van Cornwall, Engeland, verlede jaar gevoel het. Toe neem sy haar 13-jarige seun, Dylan, se iPhone 4 af, en hef sy selfoontoegang vir ’n jaar op. “Dylan het eenvoudig te veel tyd op sy foon deurgebring,” verduidelik Karly. “Voor hy soggens skool toe is, het hy eers twee uur lank speletjies gespeel. Dieselfde wanneer hy smiddae by die huis gekom het. Hy het sy skoolhuiswerk afgejaag sodat hy weer by sy foon kon uitkom.”

Nou, 12 maande later, is Karly verbaas oor hoe dramaties sy persoonlikheid verander het.

“Hy vaar beter met sy skoolhuiswerk, kommunikeer meer met sy familielede en het selfs meer energie,” vertel sy. Natuurlik was Dylan ontstoke toe sy ma sy selfoon afvat, maar hy erken nou self dis onnodig om heeltyd in die sosiale media te wees of boodskappe dadelik te beantwoord. “Nou het ek meer tyd om belangriker dinge te doen, soos rugby speel en branderplankry.”

??with my photographer @georgggiiiiaaa

A photo posted by ?Dylan Kissling (@dylan.kissling) on

Karly sê wanneer haar seun klaar is met sy skoolwerk, sal hy haar selfs met huistake help. “Hy het ook gevra om een keer per week joga te doen – iets waarvoor hy ’n jaar gelede glad nie tyd gehad het nie.”

Bronne: mirror.co.uk, dailymail.co.uk