Yasmine Olivier (19) se ma het bevestig sy is veilig.

[caption id="attachment_159483" align="alignnone" width="604"]Yasmine Olivier (19) se ma het bevestig sy is veilig. Yasmine Olivier (19) se ma het bevestig sy is veilig.[/caption]

Huisgenoot het berig Anita Coetzee het haar dogter as vermis aangemeld nadat sy die naweek laas van haar gehoor het.

Hulle het reëlings getref dat Yasmine, wat op Stellenbosch woon, op Dinsdag 14 Februarie met ’n bus sou reis na Mosselbaai, waar Anita woon.

Yasmine het egter nooit by die bus opgedaag nie. Sedertdien het Anita geen kontak met haar dogter gehad nie. Yasmine se selfoon is ook intussen afgeskakel.

Anita het die Mosselbaai-polisie reeds genader vir hulp. Dié het met die Stellenbosse polisie saamgewerk om Yasmine te probeer opspoor.

Anita het haar ook tot die sosiale media gewend vir enige inligting wat haar haar dogter sou help vind.

Dit blyk nou Yasmine is ongedeerd en veilig.

Yasmine het Donderdagmiddag op Facebook ’n boodskap gestuur waarin sy almal bedank dat hulle omgee oor haar en dat hulle haar ma gehelp het om na haar te soek. Sy het gesê sy is “fine” en dat alles uitgesorteer is. Dit was die eerste keer dat Anita van haar dogter gehoor het.

Toe Huisgenoot Anita kontak, was sy reeds van Mosselbaai op pad na Stellenbosch om self te gaan ondersoek instel of wat haar dogter sê waar is.

“Ek was heelweek siek van bekommernis,” het sy gesê.

Yasmine het intussen verduidelik haar foon was stukkend; daarom kon sy nie haar ma kontak nie. Sy het intussen na die Stellenbosch-polisiestasie gegaan om te bewys sy is veilig en het met haar ma gepraat.