“Ek is verskriklik bekommerd oor my meisiekind,” het Patricia se ma, Anna Coetzee, aan huisgenoot.com gesê.

patriciadrie

Volgens Anna is Patricia op Maandag 13 Februarie van die Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs na Amy se huis. Amy woon by haar suster.

Toe Patricia die aand nie huis toe kom nie, het Anna haar verskeie kere probeer bel en SMS, “maar sy het nie geantwoord nie”.

Sy het haar dogter toe by die polisie as vermis aangemeld en is die volgende dag, Dinsdag, saam met die polisie na die huis. “Die deure was gesluit en niemand het gereageer toe ons klop nie,” vertel Anna. “Maar ek vermoed hulle het dalk in die huis weggekruip.”

’n Dag later, Woensdag, is Anna weer na die huis. Hierdie keer het iemand in die straat vir haar gesê hy het die meisies vroeër die Woensdag saam met die onbekende jong man sien wegry.

Albei meisies het bruin hare, maar Amy s’n het blonde strepies in. Die woord “Love” is op Amy se arm getatoeëer.

annekedrie

Volgens Amy se ouer suster het Patricia die Maandagaand by haar geslaap, maar sy het nie besef die tiener was die Dinsdagaand steeds in die huis nie. Sy het vermoedelik weggekruip.

Kol. Verna van Staden van die Krugersdorp-polisiekantoor het bevestig die twee meisies word steeds vermis.

“’n Mens weet nie wat om te dink nie,” het Anna gesê.