“Is jy bly of hartseer, skat?” vra hy.

“Ek dog dis weer ’n seuntjie,” is haar reaksie nadat hulle die koek oopsny en pienk versiersuiker in die middel van die koek bevestig hulle verwag ’n dogtertjie.

 

And I'll end up as a meme somewhere. Fml! We're having a GIRL!!!!!

A video posted by Egreis Gjergjani (@thestilettomeup) on

Die mode-blogger Egreis Gjergjani van Kansas City in Amerika het ’n paar videogrepies gedeel van haar geslagonthullingspartytjie. Sy is reeds die ma van twee seuntjies van een en drie jaar.

Eers het vriende haar ’n poets gebak. In ’n groot sak was ballonne vol helium. As pienk ballonne plafon toe sweef, sou hulle ’n dogtertjie verwag. Blou ballonne sou ’n seun aankondig. Maar toe sy en haar man, Jeremy Shaffer, die sak oopmaak, was daar blou en pienk ballonne in.

 

My best friend is evil lol @linerss55

A video posted by Egreis Gjergjani (@thestilettomeup) on

Bron: Instagram