[caption id="attachment_154889" align="alignnone" width="600"]Klein Larochelle (Foto: Verskaf) Klein Larochelle (Foto: Verskaf)[/caption]

So het Lisa Steenberg (30) van Welkom in die Vrystaat Woensdag aan Huisgenoot gesê oor haar 12-jarige dogter, Larochelle, wat desperaat dringend ’n nieroorplanting moet kry. Sy het byna geen nierfunksie meer oor nie en haar ma moet drie keer per dag dialise toedien om haar aan die lewe te hou.

Lisa verdien net R500 per week waar sy by ’n kontantleningsonderneming werk. Haar man, Donald (37), werk as dieselwerktuigkundige en bring net sowat R8 500 per maand huis toe.

sussie-nicole-steenberg-ma-lisa-en-larochelle

Lisa Steenberg by haar dogters, Nicole (links) en Larochelle (regs).

“Ons het nou groot moeilikheid,” het Lisa bekommerd oor dié krisissituasie vertel. Al gaan Larochelle waarskynlik die operasie in die Johannesburgse staatshospitaal kry, sal dit hulle steeds honderdduisende rande kos – geld wat hulle nie het nie en nog minder vir ’n privaat hospitaal.

Lisa is ’n geskikte skenker en vertel sy is bereid om haar lewe vir haar kind te gee. Sy sê Larochelle is ’n “baie parmantige, liefdevolle omgeedogtertjie”, maar is al haar lewe lank siek.

Volgens Lisa is Larochelle waarskynlik met ’n chroniese niersiekte gebore, maar dit is eers in 2015 gediagnoseer. Sy vertel teen die tyd dat ’n dokter op 27 November 2015 net ná 21:00 die skoknuus gebring het, het sy slegs 5% funksie weens versaking in albei haar niere oorgehad. Lisa sê haar kind wou nie eet nie, het permanent geslaap en was wasbleek. Oor die jare het staatsdokters gemaan dit is haar mangels wat haar so siek maak. Die mangels is vroeër in 2015 verwyder, maar steeds het sy ál sieker geraak.

Lisa vertel dit is hartverskeurend om haar kind, ’n gr. 7-leerder aan die Laerskool Dagbreek, so te sien agteruitgaan en hulle het nie die geld om haar lewe te red nie. Haar sussie, Nicole (10), is in gr. 5.

laroochelle-regs-suster-nicole-links

Nicole by haar sussie, Larochelle, wat dringend ’n nieroorplanting moet kry.

“Sy sê baie Liewe Jesus moet haar net kom vat. Sy is ook moeg, haar liggaampie is moeg. Dit vat baie vir ’n kind om so iets te moet sê.”

Enigiemand wat die Steenberg-gesin wil help of bystaan, kan die Facebook-groep Gebeds groepie spesiaal vir Larochelle (sic) besoek.