’n Ma van die Amerikaanse deelstaat Texas is woedend ná onsensitiewe internetgebruikers foto's van haar seun in 'n meme gebruik het en aanlyn gedeel het.

[caption id="attachment_116457" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Sy het nou by mense gepleit om haar te laat weet as hulle op hierdie wrede pretjies van haar seun afkom.

Lees ook: Meisie (14) jongste slagoffer van boelie-aanval wat op Facebook gedeel is

AliceAnn Meyer het in 2014 ’n foto van haar seuntjie, Jameson (4), op haar blog geplaas met sy mond vol sjokolade en malvalekkers. Sy sou nooit kon raai dat dié foto in die hande van genadelose internet-trolle sou beland wat hom in ’n meme met ’n Pug (’n soort hond) sou vergelyk.

Jameson Meyer is gebore met ’n toestand wat bekend staan as Pfeiffer-sindroom. Dis ’n rare genetiese afwyking wat die groei van bene en weefsel in die kop, hande en voete affekteer. Sekere dele groei te veel en ander te min.

Kinders met Pfeiffer-sindroom verskil van mekaar en afhangende van hoe ernstig dit is kan die kind sukkel om asem te haal, te eet, te sien en te hoor. Kinders met die sindroom het ook webvormige vingers en tone.

[caption id="attachment_116455" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

“So vir almal van julle wat gelag het vir die meme, dit gedeel en geplaas het: laat ek begin om my seun aan julle voor te stel wat julle so snaaks vind,” het AliceAnn Meyer op haar blog geskryf. Sy bedryf dié blog al sedert James se geboorte.

“Sy naam is Jameson. Hy bestaan werklik en is gebore met Pfeiffer-sindroom.

“Wat iemand noop om so iets te doen sal ek nooit verstaan nie. Daar is geen manier hoe ek kan weet wie dit gedoen het nie, maar ek sal alles in my vermoë doen om elke keer wat die meme gedeel word, dit te laat verwyder.”

[caption id="attachment_116458" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Lees ook: My seun is getraumatiseer, sê boelieslagoffer se ma

Toe AliceAnn op die meme afkom het sy Facebook, Twitter en Instagram gekontak om dit te laat verwyder. Aanvanklik wou Facebook niks weet nie, want volgens hulle het dit nie voldoen aan boeliegedrag wat hul gemeenskapstandaarde verbreek nie.

Die foto is wel na vele probeerslae verwyder.

Bronne: Dailymail.co.uk; Jamesonsjourney.com