’n Ma (37) van Zeerust is Maandagmiddag in die landdroshof in Rustenburg tot sewe keer lewenslange tronkstraf gevonnis nadat sy skuld beken het op 37 seksaanklagte teen haar eie kinders berig Beeld.

Die vrou het beken sy het drie van haar kinders tussen 2007 en 2009 seksueel aangerand, verkrag en verwaarloos deur hulle onder meer te dwing om seks met hul pa te hê.

Die vrou het ook beken dat sy haar seun gedwing het om met haar seks te hê.

Sy het dit gedoen om haar man seksueel te stimuleer en haar eie seksuele behoeftes te bevredig.

Haar man en pa van die kinders, pleit steeds onskuldig en die twee sake is van mekaar geskei.

LEES MEER HIER

Bron: Beeld.com