Die staatsbeheerde koerant Chronicle berig die ma het na bewering vir bure vertel haar seun se penis is so groot, daarom het sy dit afgesny. Sy is nou na ’n psigiatriese hospitaal geneem.

’n Familielid het aan die koerant gesê: “Ons is net so geskok en hartseer dat die seun die res van sy lewe sonder sy manlikheid sal moet klaarkom. Dit was ’n traumatiese voorval en ons hoop beide hy en die ma sal herstel.”

Die owerhede by die Mpilo-sentraalhospitaal soek nou na ’n kinderhuis om die kind by te plaas.

Die ma is glo na die Ingutsheni-sentraalhospitaal, ’n psigiatriese instelling, geneem.

Dis nie bekend of dokters daarin kon slaag om die tweejarige se penis weer te heg nie.

Bron: News24