Die skandeerders by die lughawe het ’n vreemde vorm op die skerm gesien. Hulle was geskok toe hulle die rugsak oopmaak en 'n slapende twee maande oue babaseuntjie vind.

Jenifer Pavolaura (25) het na bewering haar baba deur die Ninoy Aquino Internasionale Lughawe probeer smokkel omdat sy nie immigrasieklaring gehad het om die kind van Papoea-Nieu-Guinee na die Filippyne te neem nie.

Die enkelma en haar seun is vir ondervraging aangehou, maar is later toegelaat om deur te gaan. Die klagte teen haar is laat vaar.

Bronne: dailymail.co.uk, news.com.au