Lacey Spears (27) het ’n buis gebruik om haar seun, Garnett-Paul, sterk konsentrasies sout in te gee.

Sy het vir jare oor haar seun se gedurige gesondheidsprobleme en hospitaalbesoeke geblog en op Facebook, Twitter en MySpace daaroor geskryf. Nadat hy verlede jaar in Januarie oorlede is, is hemelhoë natriumvlakke in sy liggaam gevind.

Die prokureurs het aangevoer Spears het haar seun eindelik doodgemaak omdat sy bang was hy sou mense begin vertel sy maak hom siek.

Sy kan lewenslange tronkstraf opgelê word.

Bronne: ABC News, Daily Mirror, Huffington Post