Ag nee! ’n Middelskool in Texas loop deur onder kritiek nadat ’n 13-jarige leerder, Lizeth Villanueva, dié toekenning van haar klasonderwyser ontvang het as deel van ’n grap seremonie waar verskillende toekennings uitgedeel is.

Dit is glo direk na die amptelike prysdag by die Anthony Aguirre middelskool gehou.

Die skool moes om verskoning vra toe die vernederende prys in sosiale media opslae begin maak.

“As die skoolhoof wil ek alle studente, ouers en gemeenskapslede verseker dat hierdie toekennings en ideale nie die Aguirre Visie opdrag en opvoedkundige doelwitte van die skool weerspieël nie,” het die verklaring gelui.

Sy het Dinsdag die toekenning ontvang, het Lizeth, van Houston, aan Click2Houston.com vertel.

Haar ma, Ena Hernandez, was woedend was oor die toekenning, berig Dallas News.

“Toe sy die eerste keer vir my die papier wys, het ek gevra: ‘Wat is dit?’ Ek het dit weer gelees en weer gevra: ‘Wat is dit?’,” sê Ena. “My dogter het toe aan my  verduidelik dat dit veronderstel is om ’n grap te wees.”

Vir Ena was dit egter g’n grap nie. Haar dogter voel ook dieselfde. Lizeth sê nou sy voel glad nie gemaklik om in dieselfde klas as die onderwyser te wees nie.

Mark Kramer, ’n onafhanlike skool distrikbeampte, het aan Click2Houston.com gesê dat al die betrokke onderwysers aangespreek was.

Bronne: click2houston.com, dallasnews.com